" Die oue wilg " deur TOTIUS [boodskap #93862] |
Wo, 09 Junie 2004 17:39 |
bouer
Boodskappe: 4795 Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
DIE OUE WILG
Totius
Die oue wilg
se takke het
al dae, dae lang,
vergeeld, vergaan,
in wind en kou,
armoedig neergehang.
Die flenters lê
by hope langs
die stofpad saamgewaai;
alleen die ra-
fels hang nog om
sy lede rond te swaai.
Sy mantel het
nog kort gelee
tot op die grond genaak;
by windgeroer
het dit geplooi
en sag soos sy gekraak.
Dié stasiekleed
is weg en in
die wind staan hy te kla:
'n monnik net
wat om sy skuld
die boetekleed moet dra.
'n Eikeboom
het takke wat,
soos uitgestrekte arme,
in wintertyd
na bo bly wys,
sterk-smekend om erbarme;
maar hier is net
gelatenheid
bo soveel prag-berowing,
en skraal geblink
van bogies na
die somerglans-verdowing.
'n Wilgeboom,
beeld van my skuld!
So naak en uitgetoë
is ook my siel,
verarmoed en
so diep terneergeboë!
Maar tog is jy,
so kaal en in
jou groue bedeldrag,
gelyk'nis van
'n stil geloof
en immer-hopend wag.
Jou rafels is
die harekleed
van Gods profeet, so streng,
wat by berou
beloft'nis van
herlewe weer kom breng.
En as die wind
jou rust'loos roer,
dan hoor ek hierdie spraak:
' Al lyk ek nou
so dubbel dood -
ek sal weer herontwaak! '
|
|
|
|